Die jaarlikse Kranskopfees buite Modimolle het verlede Vrydagaand in ‘n nagmerrie ontaard toe ‘n hewige storm die feesterrein getref en ‘n markiestent ineengestort het. Minstens twintig mense is beseer en vier van die feesgangers is in die hospitaal opgeneem. Ander het opgegooi van die stof wat hulle ingeasem het.
