‘n Komitee, aangestel deur die voormalige minister van onderwys, Naledi Pandor, om diskriminasie te ondersoek aan Suid-Afrikaanse universiteite, het ‘n sterk bewoorde verslag te tafel gelê. Die komitee het op grond van vraelyste en besoeke besluit Suid-Afrikaanse universiteite, veral historiese wit instellings, is vrot van rassisme en dat alle studente ‘n kursus moet loop in “Africanness”.
Die bewerings waarop die komitee hul verslag gegrond het is nooit nagegaan nie.
