Gedigte van Carl Korb

Mot

My vlerke is weggesteek
Onder my bekleedsel
Te bang om hulle te sprei
Ek kan nie

My vlerke is seer
Harde woorde wond hulle
En maak hulle wegkruip

Die kleurvolle stofvormpies
Is grys en abstrak

Ek´s nie meer ´n papie nie
My vlerke is veronderstel
Om trots en gesprei te wees
Ek moet ´n pragtige skoenlapper wees
Ek moet pragtig wees

Dinge is nie soos dit moet wees nie
Vat jou harde woorde
En sluk dit
Of gooi dit anderpad
Dis verkeerd
Alles is verkeerd

Hoe bevry ek myself
Uit hierdie net?
Hoe word weer ek ´n pragtige skoenlapper?

insomnie

dis half-ses in die oggend
voëltjies fluit
en dit irriteer my
die son kruip
oor die wit mynhope
en die lig pla my

langs my blêr ´n horlosieradio
om die voëltjie stemmetjies uit te doof
ek trek die blindings af
om die son buite te hou

my liggaam is moeg
maar my verstand is daarteen gewapen
my verstand wil nie ontspan saam met my liggaam nie

ek kan nie droom nie
ek kan nie slaap nie

ongetiteld

ek hardloop weg
ek moet
maar ek moenie eintlik nie
staan jou man
is ek veronderstel om te doen
maar ek gaan nie
want ek kan nie daai man meer staan nie

ek hardloop weg
uit hierdie godverlate plek
weg van god´s vergiftiging
weg van God´s vergifnis
maar ek moenie eintlik nie
ek sou nie meer hier wees nie
was dit nie vir God´s vergifnis

ek halt
God het na my gesoek
en Hy het my gevind
al weet hy ek is nie gereed nie

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar