Gedigte van Verena Barnard

Wete

Ek is laat val …
Dwaal rond in ‘n oorgroot atmosfeer
en in elke sterrestelsel is daar
onbekende sfere vol van jou

Ek is laat los …
Bekende melkweg raak vaag
ek verdwaal tussen meteore
en skuil agter vae herrineringe

Ek is laat gaan …
Die maan wink hartseer
en ek volg in sy voetspore
maak ‘n ewigheid vol met pyn

Net die wete van jou verwerping bly oor.

Weg

Ek ontsê jou vandag,
vee jou naam uit my lewe
uit my geheue, uit my gedagtes.
My mond sal jou naam
NOOIT weer vorm nie.
Niemand hier sal jou naam
weer hoor nie.
Stadig sal jy wegkwyn,
verdrink in niks
tot jou bestaan
betwyfel word …

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar