So jy wil skei?

So, jy wil skei? Ná 28 jaar se huwelik, ‘n paar daarvan selfs gelukkig, twee pragtige seuns, een wat swot en een wat saambly, sê hy een middag hy wil ‘n Harley koop en skei.

28 jaar van huisvrou wees, ma-wees, vrou-wees, regstaan, opoffer en gee stol net daar in haar bloed. ‘n Maand later stap hy, leathers en al, finaal uit hul lewe en die versoeking om haar dood te huil, word net oortref deur die gevoel om haar dood te lag vir die middeljarige lyf onder die pee-pot helmet bo-op hul tweede huisverband. Hy sê dis ‘n mid life crisis, sy sê dis Stingelstres en die prokureurs sê baie dankie vir die besigheid. Na 28 jaar soek sy raad, werk en ‘n bietjie hoop. Toe manne, moenie bang wees nie!

Uit die pen van Leon Kruger, met Petro van den Heever.

28 Mei by die Klein Libertas Teater in Stellenbosch.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar