Die bekendste is sekerlik die Nelson Mandela Virus. Dit is 27 jaar toegesluit in jou rekenaar voor dit geaktiveer word en alles oorneem.
Winnie Mandela Virus
Doof jou data uit soos ´n stompie.
Regstellende Virus
Neem die plek van die beter virusse in op jou rekenaar. In sommige bly die ou virusse op jou rekenaar en doen steeds al die werk, maar die Regstellende Virus kry al die erkenning daarvoor.
Mini-bus Virus
Hierdie internet-virus rig onherstelbare skade aan en het geen respek vir die reës van die wêreld se inligtingshoofweg nie. Soms kan dit alle internet-verkeer tot stilstand dwing, sonder enige rede. Die sagteware het ook gewoonlik geen lisensie nie.
Kaping Virus
Die virus kan fataal wees vir beide die rekenaar en die gebruiker. Die minste wat jy kan oorkom is om jou hele rekenaar te verloor en terapie te ondergaan voor jy weer ´n rekenaar kan gebruik.
Staker Virus
Die virus laat jou rekenaar die williewerkie-wals doen op die mees ongeleë tye. Die virus wil ook altyd meer geheue hecirc;.
Vraestel Virus
Die virus is bloot ´n gesteelde weergawe van die oorspronklike. Dit maak jou rekenaar so nutteloos soos die plastiek waarvan dit gemaak is.
Derde Wêreld Virus
Dit bly jou rekenaar se horlosie 20 jaar terugdraai.
Plakker Virus
Die virus dring jou rekenaar onwettig binne en gee voor dit is ´n legitieme deel daarvan.
AK47 Virus
Die virus sal jou moederbord en alle ander borde uitwis.
ANC Virus
Die virus beloof jou dat dit ´n nuttige stukkie sagteware is, maar sukkel om enige funksie ordentlik te verrig.
DA Virus
Die virus probeer op ´n gereelde basis om jou rekenaar oor te neem met behulp van ander virusse. Daar is nog nie een geval aangeteken waar dit suksesvol was nie.
