Die Britse renjaer Tom Pryce het in 1977 deelgeneem aan die Suid -Afrikaanse Grand Prix in Kyalami. Tydens die wedren het Pryce se spanmaat, Renzo Zorzi,  se motor aan die brand geraak en hy het gestop.

’n 19-jarige baanbeampte, Frederick Jansen Van Vuuren (Frikkie),  het oor die baan gestorm om die brand te gaan blus met sy 18 kg brandblusser. Op dieselfde oomblik het Pryce oor die bult gekom wat net voor die insident geleë was. Hy het Frikkie teen 270 km/h getref. Frikkie is op slag dood.

Frikkie se brandblusser het Pryce teen die kop getref. Die renjaer is ook op slag dood.

Die 19-jarige se liggaam was so erg vermink dat hulle al die baanbeamptes bymekaar moes roep om te bepaal wie oorlede is.

Renzo Zorzi se motor

Lewer kommentaar

Leave a Reply