Trein tref vrou twee keer op een dag

‘n 50-jarige vrou wat die Irene-brug in Centurion probeer oorsteek het is deur ‘n trein getref. Paramedici is ontbied, maar hulle was sowat 20 meter van haar af toe ‘n tweede trein haar tref.

Die vrou is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal. Haar een been is geamputeer en sy het ernstige kopbeserings opgedoen.

Lewer kommentaar

Leave a Reply