Die rebellie van Sloet Steenkamp

 

Die rebellie van Sloet Steenkamp is die vierde Arende-avontuur, en die eerste een wat Paul C Venter spesiaal as boek geskryf het.

Met sy drie televisiereekse Arende I, II en III het Paul C Venter van Afrikaanse televisie se grootste suksesse ooit geskryf.

Wat as die dramatiese avonture van Sloet Steenkamp en ander bannelinge op die eiland St Helena begin het, het ná ’n spannende trek Duitswes toe en ’n bloedige stryd teen Hendrik Witbooi se Namas, by die stilte van ’n waterput ten einde geloop.

Maar nou kom daar weer ’n oorlog. Vir Sloet en sy mense is dit die begin van ’n nuwe, epiese stryd om oorlewing teen die agtergrond van ’n genadelose woestyn …

26 Oktober 2009

Die rebellie van Sloet Steenkamp
Die rebellie van Sloet Steenkamp

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply