Chinese paleontoloë het met ´n nuwe teorie vorendag gekom wat veronderstel is om die uitwissing van dinosourusse te verklaar. Volgens die teorie het die plantegroei ´n opbou van gasse in die diere veroorsaak. Die gasse het die osoonlaag so erg beskadig dat dit temperatuurveranderinge meegebring het. Die veranderinge in temperatuur het die omgewing in so ´n mate verander dat die diere nie meer kon oorleef nie.
Kortliks: Die dinosourusse het hulself doodgepoep.
