Blomme
- Roosmaryn, tiemie, meerjarige basiliekruid en laventel kan nog geplant word in jou kruietuin.
Groente
- Behandel jou groente vir peste en plae.
- Wintergroentevariëteite soos wortels, radyse, ertjies, spinasie, beet, winterkool (broccoli), gewone kopkool, boerboontjies, Brusselspruite, seldery en uie kan nou geplant word.
Vrugte
- Sodra die vrugtebome se blare afgeval het, moet dit ‘n deklaag kompos kry.
- Snoei sagtevrugtebome en wingerd in die middel van die maand.
- Bome wat jy nou snoei moet 2 keer met kalkswael gespuit word. Wag 10 dae tussen toedienings.
- Sit vrugtevlieglokaas uit.
- Berei gate voor vir bome en struike wat jy in Junie en Julie gaan plant.
