Nie goed genoeg nie

Ek het die volgende brief ontvang:

Hallo Ben
Ek is 22 jaar oud en my ex-meisie is 19. Ons het vir 2 en ´n half jaar uitgegaan. Ek was ´n Diesel-mechanic by ´n firma. ´n Jaar gelede het ek besluit om oorsee te gaan, ek het dit met haar bespreek en sy het gesê dis reg (die rede is ek wil net ´n beter toekoms vir my self maak). Toe ek uiteindelik my visa gekry het het almal (haar family) gedink ek jok oor die USA storie. ´n Week voor ek vlieg het ek vir my family totsiens gaan sê, in ´n ander dorp. Sy is saam met ´n vriend na ´n bal toe en ek het op dieselfde dag terug gekom.

Die volgende dag het ek na haar gegaan en sy het my beskuldig dat ek haar vriend gebel het en gesê het dat hy moet haar glo uitlos. Ek het haar belowe ek het nie maar om die kersie op die koek te sit toe het die persoon haar sommer uitgevra na die oproep.

´n Dag later toe het ek in die ou vasgeloop en toe vra ek hom van die oproep en hy vertel my toe, ja, iemand het hom gebel en hy het vir haar gesê dit het geklink soos ek. Ek het hom toe sy foonnommer gevra en vir hom gesê ek sal hom bel dan kan hy hoor hoe klink my stem oor ´n foon. Net daar gee hy my toe die verkeerde nommer ook.

Dit is nou ´n jaar later ek en sy het besluit ons sal vriende bly en nou verbied hy haar om my te sien. Hy stuur tot vir my lelike smse van haar foon af. Om die eerlike waarheid te sê ek dink hy het gelieg om haar te kry, alhoewel hy weet dat ek en sy baie close was en nog steeds is.

Ek gaan oor ´n maand huis toe. Dit is haar verjaarsdag en hoe moet ek hom hanteer voor haar en hoe moet ek haar hanteer.

Ek en haar ma-hulle kom nie so goed oor die weg nie, want hulle wil seker net die beste vir hul dogter hê. Reg, ek het nie gaan swot na skool nie (daar was nie geld nie). My ma is ´n enkel ouer, so dit het nie te lekke gegaan nie, maar nou wil ek vir my ´n toekoms bou en vir my vrou. Hoekom is ek nog steeds nie goed genoeg nie?

Dankie vir jou hulp ek sal dit probeer.
– CC

Ben:

CC,
Jy klink na ´n agtermekaar kêrel. Ongelukkig sukkel sommige mense om die goeie in ander raak te sien. Hierdie mense staar hulle blind in materiële welvaart en stukkies papier met titels. Dis hulle probleem. Wees jy net beleef en sorg dat jou kant skoon is en laat die afsaksels van die samelewing maar dink wat hulle wil.

Ek stel ook voor jy bly beleefd met jou eks en haar nuwe kêrel. Moet nie te veel aandag aan haar gee nie.

Dit gaan nie help jy sit en verknies jou oor die meisie nie. Ek is seker dat daar buite iewers ´n jong dame is vir wie jy baie gelukkig gaan maak.

Sluit aan by die Gesprek

2 Kommentare

  1. Hoi Ben, is daar enige oor die toonbank middels wat n vrou erg lus maak. My vrou erken dat sy graag wil baie lus word maar haar drang of lus is weg. Ons al als probeer. Ek het haar al gelek en liefkoos maar niks werk. Ons het saam besluit dat ek jou vra.

  2. Dalk moet sy visuele hulpmiddels probeer. 'n DVD of boek by 'n sekswinkel kry, maar een wat sy self kies. Jy moet nie saamgaan nie.

Lewer kommentaar

Leave a Reply