Twee Suid-Afrikaners is op TIME se lys van die 100 invloedrykste mense van 2009.
Die voormalige minister van gesondheid, Barbara Hogan, is op die lys vir haar aandeel in Suid-Afrika se stryd teen MIV / Vigs. Hogan het die regering se beleid oor MIV omgekeer en sodoende duisende ‘n kans op ‘n beter en langer lewe gegee – dit alles in net ‘n paar maande.
Die kunstenaar William Kentridge is op die lys vir sy oorspronklike tekeninge.
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
