‘n Zimbabwe-burger is na bewering uit die derdeverdiepingvenster gegooi van ‘n gebou in Hillbrow. Volgens berigte het hy bottels brandewyn versteek wat aan sy vriende behoort. Die betrokke partye het op daardie stadium glo almal reeds te veel brandewyn gedrink.
Die man is in ‘n stabiele toestand in die Johannesburg-hospitaal.
