Emo & Niël SWING

Emo Adams en Niël Rademan sing hul gunsteling goue treffers met die nodige flair wat van swing-musiek verwag word. Maak jou gereed vir die pink van ‘n traan of twee vir die swing-weergawes van immergroen liedjies soos “Groen koringlande”, “Jantjie”, “Sawends” en “Boereseun”. Die standaard jazz-swing liedere soos “Hello Dolly” en “Fly me to the moon” maak ook hul verskyning.

Jy kan Emo & Niël SWING op 20 Mei by Die Kwekery Teater in Riversdal sien en op 23 Mei by Die Boer in Durbanville.

Lewer kommentaar

Leave a Reply