Volksblad dalk tot niet

Media24, die uitgewer van Volksblad, het aangekondig dat daar oorweeg word om dié dagblad aansienlik af te skaal en moontlik met die noordelike dagblad Beeld te vervang.

Beriggewing oor plaaslike nuus in die koerant se verspreidingsgebied sal waarskynlik in die proses verskraal word.

Volksblad is 110 jaar oud – dit is tans die oudste Afrikaanse dagblad in die land. Ten spyte van die groot uitdagings wat die gedrukte media tans in die gesig staar, het die koerant in 2013 ʼn wins getoon.

Lewer kommentaar

Leave a Reply