Russiese wetenskaplikes het glo nuwe vorms van lewe ontdek wat vir miljoene jare in afsondering in ‘n reuse-varswatermeer in Antarktika gelewe het.
Die reuse-varswatermeer, die Vostok-meer, is reeds sowat 20 miljoen jaar onder byna vier kilometer ys begrawe. Ná meer as ‘n jaar se boorwerk, het die wetenskaplikes verlede jaar deur die gevriesde kors geboor en monsters van die water vir toetse geneem. In die monsters is bakteriële DNS gevind wat nie ooreenstem met enige bekende spesies in die wêreld se databasisse nie.
Die laagste temperatuur wat nog op aarde aangeteken is was by Vostok, Antarktika op 21 Julie 1983 toe die kwik tot -89 grade Celsius gedaal het.
