Waar die kaf van die hops geskei word – ‘n ware bierdrinker

Die Edmonton Sun berig oor ‘n klant wat by sy bier bly staan het, maak nie saak wat nie.

Die onbekende man is Saterdagaand in die York Hotel in Edmonton, Kanada, in ‘n kroeggeveg met ‘n mes gesteek. Toe die polisie by die hotel opdaag het hulle die man met ‘n meswond aan sy bors by die kroegtoonbank aangetref, besig om sy bier klaar te maak.

Die gewonde was baie traag om sy samewerking vir die polisie te gee of selfs inligting oor sy aanvaller te deel. Soos dit enige bierdrinker betaam was sy eerste prioriteit om sy bier te geniet.

Lewer kommentaar

Leave a Reply