Argeoloë praat gereeld van antieke godsdienste, maar wat is godsdiens?
Professor David Lewis-Williams, emeritus-professor aan die Universiteit van die Witwatersrand raak die onderwerp aan in ‘n praatjie by die Origins Centre op Dinsdag, 20 Maart 2012.
Professor Lewis-Williams sal die agtergrond gee van godsdiens, soos hy dit uitlê in sy boeke The Mind in the Cave, Inside the Neolithic Mind (saam met David Pearce), Conceiving God en Deciphering Ancient Minds (saam met Sam Challis).
Hoekom glo mense in die bonatuurlike? Hou godsdiens gemeenskappe bymekaar? Dit is die tipe vrae wat aangespreek sal word by die geleentheid.
Professor Lewis-Williams is ‘n kenner op die gebied van rotskuns, prehistoriese gelowe en die San. Hy is al verskeie kere bekroon vir sy navorsing en sy naam pryk reeds op 25 boeke.

The Origins Centre, h.v. Yalestraat en Enoch Sontongalaan, Braamfontein, Johannesburg
20 Maart, 18h00 – 18h30
R45 per persoon; R35 vir Wits personeel en studente
Jy moet bespreek om die praatjie by te woon: Tel: + 27 (0)11 717 4700
