Wie het die mooiste borste?

Saterdag gaan daar in Rotterdam, Nederland, gepoog word om hierdie vraag te beantwoord? Tydens die fees De Wereld van Witte de With gaan alle soorte borste kan meeding vir die titel Rotterdamse Tiet 2009.

Grotes, kleintjies, jonges, oues, natuurlikes en valses, almal is welkom in die kompetisie.

Rotterdamse Tiet 2009 word gehou ten bate van die stryd teen borskanker.

De Wereld van Witte de With is ‘n jaarlikse instelling met kuns, teater, mode, musiek en film in de Witte de Withstraat, Rotterdam.

Lewer kommentaar

Leave a Reply