Ek is op 40 besny a.g.v. phimose wat ‘n nadraai van diabetes was. Sielkundig het die operasie my nogal ‘n “knock” gegee – suiwer omdat die Uroloog my nie oordentlik vooraf van die gevolge ingelig het nie.”
“Seks voel verseker “anders”, maar dit is of ek langer kan aanhou en dan vind ek my orgasme baie meer intens! Dit is egter ook asof ek vinniger weer gereed is vir ‘n volgende rondte! Dit is half soos ‘n nuwe hoofstuk in my sekslewe!”
“Ek vind egter dat my penis “dom” voel en dat dit geneig is om uit te gly tydens omgang, omdat mens nie meer so goed kan voel waar jy is nie! Waar ek in die verlede elke voutjie kon voel, kan ek dit nou glad nie voel nie!”
“Aangesien ek sewe weke terug gedoen is, is dit nog effe teer, maar met ‘n goeie smeermiddel is daar geen probleem nie!”
“Die groot voordeel is verseker higiëne. Selfs sou mens ‘n dag oorslaan om te stort, is daar geen reukie te bespeur nie!”
“Ek sou nie vir iemand aanbeveel om dit te laat doen is dit nie om mediese redes werklik nodig is nie. As mens dit wil laat doen, maak net seker van alles voor die tyd. (Tipe snit ens.) My besnydenis se kosmetiese resultate is ‘n fiasko! Op die internet kry mens baie inligting.”
“Ek hoop my kommentaar kan iemand help!
bydrae: Kaalkop
Vir mediese raad oor jou sekslewe en gesondheid besoek www.boererate.com.
