Wel, blykbaar is dit die ganse. Of dalk een spesifieke gans?
Die 21-jarige man wat hierdie vraag vir ons kan beantwoord is tans onder arres – tot groot verligting van die plaaslike gans-bevolking. Sy bure het hom betrap met die gans op sy skoot. Volgens die buurman het hy gesê “hy naai die gans en dan gaan hy dit doodmaak”. Volgens die eienaar van die gans het die voël die res van die dag “net daar gelê en geslaap”.
Die man het intussen in Hermanus in die hof verskyn op ’n aanklag van bestialiteit. Die saak word nog ondersoek.
So as jy enige kennisse het met eiendom in Gansbaai … hou hulle dop rondom jou pluimvee.
