Dis Kersdag en Herman se foon lui al vroeg oggend.
“Môre?” sê Herman gaperig.
“Môre lief! Ek’t baie goeie nuus!” kom Teresse se opgewonde stem deur.
“En, wat is dié goeie nuus? vra hy en sit regop in sy bed.
“Ek kan dit self nog nie eens glo nie, maar my ma – hulle het gesê dis reg as jy saam
kom! En hulle het ook gesê dat jy vir hulle soos hulle eie seun voel, Herman, Soos
hulle eie seun!”
“Wow! Dis ‘great news’! Dis die beste kersfeesgeskenk nog … O ja … Geseënde Kersfees engel! Kan ek oorkom na jou toe?”
“Dankie vir jou ook. Ja, natuurlik kan jy kom! Dis nie lekker om alleen op Kersdag by
die huis te sit nie …”
“Waar’s jou ma – hulle dan?” vra hy vinnig.
“Nog in Berlin. Hulle sukkel om ‘n vlug terug SA toe te kry.”
“O, oukei. Sien jou dan nou – nou. Lief jou. Tarra.”
Hy lui af, staan op en gaan wens sy familie ‘n geseënde Kersfees en gaan stort vinnig.
Hy jaag eers na Christo en Malaika toe.
“Hoezit, geseënde Kersfees.” sê Christo toe hy vir Herman sien.
“Thanks, vir jou ook, is Malaika hier?” antwoord Herman terwyl hy sy hare met sy vingers reg kam.
“Nee, ek is nou oppad na haar toe, hoekom?” Hy kyk vir Herman skeef aan.
“Ek’t baie goeie nuus! Kom ons gaan haal vir ‘Laika en dan gaan ons na Teresse toe, asseblief?”
“O, oukei.”
Hulle altwee klim op hulle motorfietse en ry na Malaika toe. Sy wag al buite.
“En nou?” vra sy toe hulle op die sypaadjie stop.
“Hei engel, geseënde Kersfees. Herman het blykbaar goeie nuus en wil hê ons moet saam met hom na Teresse toe gaan. Ek’t gesê dis reg.”
“O, oukei. Dankie vir jou ook, en vir jou ook Herms.” Sy soen hom lank.
‘Sjoe, ek’t jou soenery gemis!” Christo soen haar weer.
Herman maak sy keel skoon en hulle breek weg van mekaar. Malaika raak bloedrooi en Christo kyk in ‘n ander rigting.
“Jammer man! Jy sê jy’t goeie nuus?” giggel sy.
“Ja, maar julle twee ‘lovebirds’ sal moet wag. Kom nou, Teresse wag al vir my.” Hy
draai om en loop na sy motorfiets.
“Hoe gaan dit met onse pienkvoet?” vra Christo haar saggies en sit sy hand op
haar boep magie.
“Ag, dinge gaan beter. Is darem nie meer so siek in die oggend nie.” Sy sit haar handop syne.
“Ek’s bly om dit te hoor … Kom, Herman wag al vir ons …” Hy vat haar hand in syne en lei haar na sy motorfiets toe.
Herman jaag weg met ‘n stink spoed en Christo, met Malaika agterop, volg Herman.
Teresse lê buite op die gras en wag vir Herman. Sy hoor sy motorfiets en spring vinnig op. Hy is nie alleen nie. Daar’s iemand saam met hom, kom sy agter.
“Hei engel,” Sy loop na hom toe.
“Hei babes,” Hy soen haar lank, “Hoor hier, ek’t vir Chris en ‘Laika gevra om saam te kom. Ons mag seker ons goeie nuus met ons goeie , lewenslange pelle deel? Of hoe?” vra hy onseker.
“Ja, natuurlik! Kom ons gaan in.” Sy vat sy hand en lei hom die huis in. Chris en Malaika volg en gaan sit op ‘n dubbelbank, Teresse en Herman oorkant hulle.
“Wel, wat’s die goeie nuus? Toe, toe, toe, vertel!” sê Malaika vinnig.
Almal bars uit van die lag.
“Wat nou?” Verbaas.
“Ai my engel! Jy’s tog so ‘damn cute’ as jy so nuuskierig is! Dis hoekom ek jou so lief het!” Hy druk haar styf teen hom vas en soen haar.
“Sorry, ek kan myself nie help nie!” Sy is bloedrooi
“Ons verstaan ‘Laika, maar nou om by ernstiger sake uit te kom. Ek trek volgende jaar en Herman kom bly by my. En ek is nie swanger nie.” blaas sy alles in een asem uit.
Waarheen trek julle?” vra Malaika en kyk van Teresse na Herman.
“Berlin … Ek en Herman gaan weer probeer. En …” Sy draai na Herman toe, “Ja, ek wil met jou trou, Herms. Ek’s ongelooflik baie lief vir jou en ek kan nie sonder jou nie. Die afgelope paar dae wat ons uit was, was hel!”
“Ek weet nie wat om te sê nie, babes! Ek het jou net so baie lief T’resse!” Hy soen haar lank. Christo en Malaika volg hulle en begin ook vry. “Lief jou baie!” fluister hy in haar oor. “Vir jou ook!” Sy gaan sit op sy skoot en hulle vry verder. Herman en Teresse lê op die teenoorstaande bank en vry.
skrywer: Darius Nell
