Die Afrikaanse skrywer Alba Bouwer is op 5 Oktober in die ouderdom van 90 jaar oorlede by ’n aftreeoord in Somerset-Wes.
Sy was veral bekend vir haar kinderboeke, Stories van Rivierplaas en Stories van Bergplaas.
Bouwer het die Scheepers-prys vir jeugliteratuur twee keer gewen en het die C.P. Hoogenhout-toekenning vir die beste kinderboek drie keer ontvang.
Sy word op Riversdal begrawe.
