André P. Brink oorlede

André P. Brink, een van die reuse- van die Suid-Afrikaanse literêre landskap, is Vrydag 6 Februarie 2015 oorlede. Hy was 79 jaar oud. Brink is vermoedelik oorlede weens ’n bloedklont op ’n vlug tussen Amsterdam en Kaapstad.

Dit is veral Brink se rol as deel van Die Sestigers wat vir Afrikaans van belang was. Dié groep het vir Afrikaans ’n plek in die moderne wêreld losgeskryf en ’n belangrike bydrae gelewer tot die bevryding van die taal uit die versmoring deur die politieke en godsdienstige status quo.

Volgens die Mail & Guardian was Brink se Kennis van die Aand (1973) die eerste Afrikaans werk wat deur die Apartheid-regering verban is. Brink sou uiteindelik meer as 60 boeke skryf.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar