Asterix is 50

Die braafste Fransman van alle tye (in strokiesprente), Asterix, vier in 2009 sy 50ste bestaansjaar.

Hy skep maklik die indruk dat hy ly aan ‘n kortmannetjiesindroom, maar sy avonture word wêreldwyd gelees in 107 tale, onder andere Afrikaans.

Asterix (of Astérix / Astérix le Gaulois) is oorspronklik geskryf deur René Goscinny en geïllustreer deur Albert Uderzo. Sedert die afsterwe van Goscinny in 1977 het Uderzo die stories begin skryf. Uderzo (82) is vroeër vanjaar deur sy dogter Sylvie Uderzo gekritiseer vir sy besluit om sy aandeel in die strokiesprent aan ‘n groot korporatiewe instelling te verkoop. Sylvie besit aandele in ‘n klein uitgewer, Editions Albert Rene, wat ‘n 40% aandeel in Asterix het. Die oorspronklike idee was om die Asterix-stories te staak met die dood van Albert Uderzo, maar die nuwe aandeelhouers, die groot uitgewer Hachette Livre, het dadelik bekend gemaak dat hulle wel nuwe stories sal vrystel.

Tot op datum is daar 34 boeke in die Asterix-reeks, tensy jy ook die boekvorm van die film, The Twelve Tasks of Asterix, tel. Daar het reeds 11 films verskyn. Die 2009 boek, How Obelix Fell into the Magic Potion When he was a Little Boy is eintlik reeds in 1989 geskryf. Die eerste boek, Asterix the Gaul, is in 1959 uitgegee.

Tweeduisend jaar gelede was die hele Gallië (ou naam vir Frankryk) deur die Romeine beset …
Wel, nie heeltemal die hele Gallië nie. Een dorpie met ‘n klomp ontembare Galliërs het hom hardnekkig verset teen die invallers. Die voorbok onder die Galliërs was die klein Asterix.

Asterix word bygestaan in sy avonture deur sy hond Dogmatix, sy sterk vriend Obelix en die druïde Getafix maak vir Asterix sy spesiale doepa wat hom bonatuurlike krag gee. In amper elke storie word daar melding gemaak van die feit dat Obelix, wat lyk soos ‘n vredeliewende Blou Bul-onderstener, as kind in ‘n pot van die doepa geval het.

Asterix
Asterix

Koop die nuwe boek: How Obelix fell into the Magic Potion when he was a Little Boy

Koop ses flieks op een DVD: Asterix – The Collected Adventures Of Asterix [Box Set]

Lewer kommentaar

Leave a Reply