Blitskuns

Blitskuns

Roekeloos

Vars idees met net vier stappe.

50 vinnige kunsprojekte met stap-vir-stap-foto’s en -aanwysings om jou te wys hoe, en volbladfoto’s van elke voltooide projek as onweerstaanbare inspirasie.

Leer al die nodige oor basiese tegnieke, kleur en kleurkombinasies en gereedskap, en raadpleeg die verduidelikende lys terme vir enigiets wat nie klaar so duidelik soos daglig is nie.

Blitskuns volg in die voetspore van Kitskuns en Slimkuns. Die projekte vir die boek is verdeel in Blitsig (klaar in ’n kits), Vinnig (neem ’n paar uur) en laastens Ook nog vinnig. Al wat jou kan ophou, is om te moet wag dat verf droog raak. Maar jy kan sommer die verduidelikende lys van terme lees, en leer terwyl jy wag!

Sodat jy vinniger by die eindresultaat kan uitkom, is elke projek in vier stappe uiteengesit. Soms is daar ’n bietjie voorbereiding nodig, maar die proses en die aanbieding is eenvoudig. Met jou unieke gebruik van tekstuur, lyn en kleur sal jy in ’n japtrap met jou kunswerke kan spog!

Hierdie boek is onmisbaar vir enigeen wat die opwindende oorbrugging tussen kuns en handwerk geniet.

Blitskuns
Blitskuns

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply