Bloedgrond

Bloedgrond

Roekeloos

Grondeise tref die gemeenskap van Nieu-Skotland in Mpumalanga.

Dit, en die ou seer van die uitwissing van ’n gesin, het almal op hol: Daar’s stadskind Erin wat nou haar familie moet kom ondersteun, oud-soldaat Andrew Buchanan, wie se gesin jare gelede uitsonderlik wreed uitgemoor is, die plaasadel-MacFarlanes met hul spogplase, wrokkige werkers met verbintenisse in hoë plekke en die plaaslike polisiediens – nie aldag ewe bedrewe of eerlik nie, maar sersant Elsie Redelinghuys vat nie nonsens nie.

Dan word ’n bekende boer vermoor. Is dit ’n “gewone plaasmoord”, verbind aan die smagting na land, ’n plekkie van jou eie – of skuil hier iets anders? Waarom is die grond van Nieu-Skotland so deurdrenk van bloed?

Bloedgrond word op 30 April 2011 vrygestel.

Skrywer: Malene Breytenbach
Kategorie: Algemene fiksie
ISBN: 9780624052746
Prys: ongeveer R 190.00
Formaat: Sagteband, 310 pp

Bloedgrond(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply