Boas Mei is verward


Boas Mei is verward oor baie dinge.

Oor hospitaaldrag en boude wat uitsteek. Oor die kere wanneer sy geliefde hom liefhet. Oor wat om te maak met die wreedheid van die wêreld. So verward is Boas dat hy in die hospitaal beland. Maar oor een ding is hy nie verward nie: wat die probleem in sy kop is.

Geleerde dokters kom naby vuisslaan oor daardie probleem. Die breinchirurg proe al die Nobelprys ná hy sy studie oor Boas se brein gepubliseer het. Die neuroloog se vuil bek grens aan Tourette- sindroom soos sy stoei met die probleem.

Die dokters lyk maller as Boas self, maar selfs dít help nie. Daar is geen handboek vir wat Boas se kop makeer nie. Tot hulle hom huis toe stuur. En hy sy storie op die kamermuur begin uitskryf. ’n Beter een, want sy ware storie is nie mooi nie.

Dié boek is volgens Joan Hambidge “vaartbelyn geskryf met duiwels wat ondergronds dans”.

Boas Mei is verward
Boas Mei is verward
Tinus Horn se aangrypende roman ondersoek geweld en skuld en hoe naby leuens soms aan die waarheid loop.

Boas Mei is verward / Koos Kombuis — Penguin Books SA, Mei 2015; sagteband. — ISBN 9781415207680

Boas Mei is verward,
Bettie Blom,
27 Januarie 2016.

2.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply