Boeke te duur vir SA se kinders

Suid-Afrikaanse kinders wil lees, hulle kan net nie boeke bekostig nie.

Die verbruikersmaatskappy Pondering Panda het in ‘n opname bevind Suid-Afrikaanse kinders kan eenvoudig nie boeke bekostig nie. Meer as 12 000 mense tussen die ouderdomme van 13 en 34 regoor die land het aan die opname deelgeneem.

Die opname het ook bevind dat meer as een in elke vier mense nie maklike toegang tot ‘n biblioteek het nie.

Onder diegene wat lees, het 33% boeke by ander geleen, 30% boeke gekoop, 28% boeke by die biblioteek uitgeneem en 9% het boeke by ander bronne gekry.

Jong swart Suid-Afrikaners is die mees entoesiastiese lesers met 74% wat ‘n poging aanwend om ‘n boek te lees, in vergelyking met 65% witmense en 55% kleurlinge en Indiërs.

Lewer kommentaar

Leave a Reply