Boereoorlogstories

Boereoorlogstories

Roekeloos

34 Verhale oor die oorlog van 1899 – 1902

Die Anglo-Boereoorlog het sy spore op die ganse Suid-Afrikaanse bevolking gelaat.

Oor ’n eeu heen het sentimente jeens die oorlog gewissel en die talle gesigspunte in hierdie kortverhaalbundel getuig daarvan. Begrip vir joiners en hendsoppers is een van vele gesigspunte wat niefiksionele historiese beskouings grootliks vooruit was met die eerste uitgawe in 1998. Terselfdertyd herleef pynlike kennis van bannelinge, vroue en kinders se lyding in hierdie sogenaamde “gentleman’s war”. Nóg grysaards nóg pasgeborenes nóg moeders is uitgespaar.

Van die voorste skrywers in die Afrikaanse literatuur het bygedra tot hierdie 34 verhale. Sommige bydraers is reeds oorlede en hierdie verhale is nooit elders gepubliseer nie.

Met hierdie heruitgawe, 112 jaar ná ’n lotsbestemmende ingryping in die Suid-Afrikaanse samelewing, spreek dit opnuut daarvan dat oorlog verpletter en dat “verraad” ’n stukkende woord is. Want deur die kreatiewe skrywer se oog gaan oorlog in die eerste plek oor mense.

Boereoorlogstories word op 16 Mei 2011 vrygestel.

BoereoorlogstoriesSkrywer: Jeanette Ferreira
Kategorie: Geskiedkundige & mitologiese fiksie
ISBN: 9780624051398
Prys: ongeveer R 195.00
Formaat: Sagteband, 238 pp

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.