Boerseun

Boerseun

Roekeloos

Memoires van ’n Anglo-Boereoorlogseun.

Boerseun is die hartroerende ware verhaal van ‘n tienjarige plaasseun se traumatiese maar fassinerende ervaringe gedurende die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902.

Wanneer die Engelse Charles du Preez en sy pa in hul skuilplek in die berge op hul Oos-Vrystaatse plaas opspoor, word hulle gevange geneem en in oop steenkooltrokke na Durban weggevoer. Van daar vertrek hulle op ‘n veeleisende seereis na die krygsgevangenekampe Umballa en Solon in Indië, waar Charles die jongste inwoner is. Charles se ma en die ander kinders word intussen tydens hul desperate vlug vir die Kakies gedurende lord Kitchener se “verskroeide aarde”-veldtog gevange geneem en na die berugte Winburg-konsentrasiekamp gestuur.

In Boerseun, wat gegrond is op Charles se herinneringe wat hy later in sy lewe op skrif gestel het asook op belangrike mondelinge en dokumentêre bronne – onder meer ‘n dagboek wat Charles se ma gedurende die oorlog gehou het – word die Du Preez-gesin se oorlogservaringe nagespoor. Dit loop uit op Charles en sy pa se repatriasie na Suid-Afrika, waar die gesin herenig word en terugkeer na hul plaas wat in puin lê en waar hulle ‘n nuwe begin moet maak.

BoerseunHierdie boeiende, aangrypende en besonder insiggewende boek is ‘n waardevolle toevoeging tot die geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog.

Skrywer: Chris Schoeman
ISBN: 9781770221437
Prys: ongeveer R 220.00
Formaat: Sagteband, 232pp

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply