By die werk gaan dit ook maar droewig – hy is ná alles ’n wit man van amper vyftig. Sy beste pel, Neels, se vrou gee vir hom ’n blou geranium, om sy donker woonstelletjie mee op te kikker. Maar wat Daan betref, gaan dit veel meer as ’n malvaplant vat om weer vrolikheid en vreugde in sy ou lewetjie te saai.
’n Fantastiese roman oor ’n man op die rand van ’n nuwe lewe. Verfrissend eerlik en baie, baie snaaks.
Daan Dreyer se blou geranium verskyn op 16 April 2012.
Daan Dreyer se blou geranium / deur Derick van der Walt — Kwela, 16 April 2012. — 224 p. ; sagteband. — ISBN 9780795704161 :
Taal: Afrikaans
Sleutelwoorde: Derick van der Walt, Daan Dreyer se blou geranium, Kwela
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)