Agter hul nuwe huis ontdek Jaco, Belinda en Frannie ‘n betowerde bos met vreemde inwoners en geselsende bome – ook ‘n droomlandboom!
In hierdie boom gebeur wonderlike dinge. Hoog in die boonste takke, bokant ‘n geheimsinnige wolk, verskyn gereeld nuwe lande – gevaarlike plekke soos Skommelland en heerlike plekke soos die Land van Vat-wat-jy-wil. Boonop dra die droomlandboom nou akkers en dan weer brame of pruime wat jy saam met sjoe!-koekies kan eet. Natuurlik is daar geen einde aan die penaries waarin almal gereeld beland nie, veral as kwaai meneer Watsenaam jou jaag.
