Boks

Vriendskap en verraad in die kleedkamer voor die belangrike geveg. Vanaand is ‘n groot aand. Hoop is op die spel, en ‘n toekoms, en êrens begin iets bot wat die stryd buite die kryt intenser maak.

Boks is ‘n menslike drama wat uitdaag en ontstem, wat krag, strategie en die omvang van manlikheid en seksualiteit hou vir hou toets en verruim. In ‘n skynbaar brutale wêreld, lê die bekoring in die versigtige voetwerk om die sensitiewe psiges van twee jong manne op die vooraand van bloediger gevegte.

Met Neels van Jaarsveld


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply