‘n Vuurwarm NP van Wyk Louw-show met die twee leading ladies van die TV-reeks Orion, Erica Wessels en Tinarie van Wyk Loots en die nuwe musieksensasie Frieda van den Heever. Die regisseur is Albert Maritz.
Van Wyk Louw was onlangs sensasioneel in die nuus weens omstredenheid oor Nazi Duitsland; oor wat in sy briewe staan …
Maar daar is soveeeeel meeeer as dit aan Wyk, of Louw … ons grootste digter van alle tye …
Veral Die Huisgenoot en Die Burger, was NP van Wyk Louw; selfs die ganse Suid-Afrikaanse skrywers-en kunskorps se grootste steun sedert die twintigerjare van die vorige eeu … met redakteurs soos Piet Cillié by Die Burger en DJ Opperman by Die Huisgenoot.
‘n Vuurwarm show, met aan-die-brand musiek, oor Van Wyk Louw: sy lewe, sy omstredenheid oor politiek, sy lewe in Nederland, godsdiens, die broederbond, Verwoerd, en … die meisies …
Het hy sowaar toe al die oplossing gehad? En nou, 100 jaar na hy gebore is … kan dit steeds werk?
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)
