Hanna Hoekom is veertien, byna vyftien, en haar lewe is nie hoe sy wil hê dit moet wees nie.

Haar ma, mallerige kunstenares wat sy is, het met ‘n akteur met twee seuns gaan staan en trou, en nou is Hanna en haar halfboetie Tibo se reeds gekompliseerde gesinslewe nog tien maal meer gekompliseer. En asof dit nie genoeg is nie, kry haar ma nog die simpel idee dat hierdie hele groot, gelukkige gesin saam “op wittebrood” moet gaan – om mekaar beter te leer ken.

Voeg by al die komplikasies hierbo ‘n ou huis met ‘n lekkende dak op ‘n verlate berg, en al die bestanddele vir ‘n eersteklas ramp is in plek vir Marita van der Vyver se jongste boek.

Lewer kommentaar

Leave a Reply