Die waarheid oor verhoudings
Is jy ooit geleer dat jy die verhoudings met die mense in jou lewe kan láát werk? Die meeste van ons is deur ons ouers en leermeesters gelos om maar self op die “probeer-en-tref”-manier ons weg oor die slaggate te vind.
Die waarheid oor verhoudings is ’n praktiese gids wat jou waardevolle vaardighede sal leer om jou verhoudings met jou lewensmaat, familie, kollegas en vriende te verbeter en vernuwe.
Die kliniese sielkundige Stefan Blom deel wenke wat hy in sy 20 jaar as verhoudings-terapeut versamel het. Deur talle gevalle-studies wys hy jou hoe jy in voeling met jouself en nader aan ander kan kom. Leer hoe jy gesonde verhoudings kan aanknoop, toksiese verhoudings kan vermy, en liefde, vertroue, seksuele vervulling en intimiteit deel van jou lewe kan maak.
Dit is ’n kopskoonmaak-gids tot alles wat van ons mens maak.
Suid-Afrika se Grensoorlog
’n Kwarteeu nadat die laaste skote in die Grensoorlog geklap het is daar steeds talle mistastings oor dié oorlog. Sedert Willem Steenkamp se topverkoper Suid-Afrika se Grensoorlog in 1989 gepubliseer is, het die geweerlope afgekoel en die stof en die rook van die slagveld gaan lê. Dié hersiene weergawe van die klassieke boek plaas nuwe feite op die tafel en gee ’n skerpogige terugblik op die oorlog.
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
