Die wêreld se beste boek

Miljoene feite wou in hierdie boek wees, maar net die bestes het dit uiteindelik reggekry.

Weet jy … watter berg die hoogste is? Dalk. Maar wat van die stinkste blom? Of die diepste grot? Die langste wurm?

Hierdie groot, dik boek is volgeprop met die eienaardigste, wildste, snaaksste, slimste, super-ongelooflikste dinge wat jy ooit sal teëkom! Van al die boeke in die wêreld het jy net dié een nodig.

Met Suid-Afrikaanse beste feite bygevoeg deur een van ons slimste jeugskrywers, Fanie Viljoen. Onder die Suid-Afrikanse feite tel:

-Die vinnigste mens sonder bene (Oscar Pistorius),
-Die eerste menslike hartoorplanting,
-Die glibberigste rot (Annanias Mathe),
-Grootste landdier (Afrika-olifant) en
-Die wonderlikste wonderplant (rooibos).

Prys: ongeveer R 160.00.

Die wêreld se beste boek
Die wêreld se beste boek

Die wêreld se beste boek / deur Fanie Viljoen & Jan Payne — Tafelberg, 2011. — 256 p. ; sagteband. — ISBN: 9780624052951

Lewer kommentaar

Leave a Reply