In 2011 het ek die lof besing van Jon Klassen se I Want My Hat Back. Nou is dit in Afrikaans beskikbaar as Ek soek my hoed.

Jon Klassen is my tipe persoon, ondeund en vol kurkdroë humor. En dadelik wonder jy of dit enigsins die kleintjies se aandag sal hou? Jy moet dit lees om te glo hoe die eenvoudige storie van ‘n beer wat sy hoed soek grootmense kinders se aandag kan hou.

Die beer se hoed is weg en hy soek dit terug. Geduldig en hoflik vra hy al die diere wat hy teekom of hulle dit gesien het. En nes hy moed verloor, besef hy dat hy tog sy hoed gesien het …

Ek soek my hoed / Jon Klassen — Human & Rousseau, 15 April 2016; 32 p. ; sagteband. — ISBN 9780798173339

Ek soek my hoed,
Quintus van Rensburg,
20 Augustus 2016.

Ek soek my hoed

4.5

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar