Drieklawerblaar

In haar jongste roman, Drieklawerblaar, verweef Christine Barkhuizen-le Roux die verhale van drie eiesoortige hoofkarakters: Kate Jooste, ’n afgetrede en deur skuld gedrewe verpleegster, Tinneke le Grange, gastehuiseienaar en weduwee, wat met haar eie verwyte loop, en haar bitter en koppige buurman, Abel Marais, ’n wildboer in die Klein-Karoo. ’n Man met ’n missie.

Ná haar aftrede gaan soek Kate, met jarelange vrae in haar binneste, na Abel op sy wildplaas: hoe het haar Ierse oumagrootjie in hierdie dorre streek beland? Wat het alles op hierdie stuk grond afgespeel?

Terselfdertyd sien ons Abel se gemoeidheid met sy familiegeskiedenis – sy Hugenote-herkoms lei hom na die Franse platteland, waarna hy hom kom vestig op ’n stuk grond digby sy oupa se plaas van vroeër. En dan is daar Tinneke wat moet vrede maak met haar man se dood en die feit dat sy hom verloor het, lank reeds voor sy sterwe.

Drieklawerblaar is ’n meesleurende roman oor familie, oor grond, en die ystergreep wat die verlede op ’n mens kan hê.

Drieklawerblaar / Christine Barkhuizen-Le Roux — Human & Rousseau, 1 September 2016; 336 p. ; sagteband. — ISBN 9780798174039

Drieklawerblaar,
Bettie Blom,
21 Augustus 2016.

3

Sluit aan by die Gesprek

2 Kommentare

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar