’n Sprokie vir ons eie tyd.

As lykbesorger het Seb al talle lyke gebalsem, organe teruggepak in lyfholtes, beendere aanmekaargelas en doodsbleek gesigte gegrimeer vir roubeklaers om te besigtig. ’n Mens het jou werk en jy doen dit; dit help nie om vir ander goed te wens nie.

Maar af en toe wens Seb tóg vir die een of ander ingryping om hom los te ruk uit sy saai bestaan – nie net by die werk nie, maar ook by die huis, waar hy, sy vrou en tienerkinders by mekaar verby leef. Eendag, toe die sterwende seuntjie Gawie en sy ma by die begrafnisondernemers instap, kry Seb wel rede om in wense te glo. En hy kom voor ’n dilemma te staan: Waarvoor wens jy as jy één wens het wat waar gaan word? Veral as dinge lelik begin skeefloop . . .

Ek wens, ek wens / deur Zirk van den Berg  — Kwela, 15 Februarie 2019
— 176 p. ; sagteband. — ISBN 9780795708558 : R 220.00 

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar