Cape Town Music Academy (CTMA) en die US Woordfees bied aan in samewerking met Jazz in the Native Yards (JINY) – JAZZ IN THE QUAD & JAZZ IN KAYAMANDI – ‘n reeks top musiekvertonings met van Suid-Afrika se opwindendste musikante. Hierdie unieke musiekervaring en laataand kuier-venue beloof om ‘n hoogtepunt van die 2019 Woordfees te wees.
2019 sal die tweede jaar wees wat die CTMA en Woordfees ‘n laataand kontemporêre musiek en kuierplek aanbied in die Visuele Kunste Vierkant. Maar vanjaar beloof om nog beter te wees as 2018, met ‘n fenomenale line-up van musikante soos Kyle Shepherd, Steve Newman, Alistair Andrews, Lungiswa Plaatjies, Schalk Joubert, Sima Mashazi, Ramon Alexander en Bongani Sotshononda.
“Verder brei ons die reeks uit met n jazz vertoning in Kayamandi by Amazink met die opwindende sanger Babalwa Mentjies, ondersteun deur George Wener en die Little Giants Orkes.” vertel Vicky Davis, CTMA se programbestuurder. “Vir die wat lus is vir laataand kuier, is Jazz in the Quad die ideale venue – na die vertonings bly die vierkant aan die kook met top DJs van die Future Nostalgia groep, ‘n kroeg en kosstalletjies. Feeskunstenaars word genooi om saam te kom kuier. Hulle kan gratis toegang kry.”
Die reeks konserte is ‘n uitvloeisel van die gewilde Jazz in the Native Yards initiatief begin deur Koko Nkalashe en Luvuyo Kakaza en ondersteun deur Concerts SA, waar gehore in Kaapstad se townships die geleentheid kry om Sondaemiddae Jazz-uitvoerings letterlik in hul agterplaas te hoor. Die motivering agter die suksesvolle konserte is om gehore wat andersins nie die kans sou kry om top jazz musikante te sien en te geniet nie, die geleentheid te gee.
“Kaapstad was nogal tyd aan die brand met jazz musiek”, voeg Koko Nkalashe van JINY by, “Jazz in the Native Yards neem nou die klanke deur middel van die Woordfees as voertuig na n nuwe jazz roete, en na nuwe gehore in Stellenbosch. Ons sien baie uit na vanjaar se Jazz in the Quad en Jazz in Kayamandi”
Die program bestaan uit SA se top Jazz musikante wat oor die afloop van ses aande by Amazink, Kayamandi en die Visuele Kunste Vierkant, Victoria Straat, Stellenbosch, sal optree.
2 Maart – JAZZ IN KAYAMANDI met Babalwa Mentjies en The Little Giants. Amazink, Kayamandi. R80 by Computicket / R100 deur.
JAZZ IN THE QUAD
5-9 Maart – Visuele Kunste Vierkant, Victoria Street:
Jazz in the Quad: Steve Newman Trio: 5 Maart 21h30.
Jazz in the Quad:Kalahari Connection: 6 Maart 21h30
Jazz in the Quad: Kyle Shepherd: 7 Maart 21h30.
Jazz in the Quad: Ramon Alexander: 8 Maart: 21h30
Jazz in the Quad: Schalk Joubert en Sima Mashazi: 9 Maart: 21h30
Kaartjies vir al die ‘Jazz in the Quad’ vertonings beskikbaar by Computicket. R70 (studente) – R90 en R80 – R100 by die deur.