As negentienjarige ryloper in Spanje beland Frank Westerman toevallig in die dorpie Banyoles, waar ’n opgestopte “Kalahari-Boesman”, slegs bekend as El Negro, uitgestal word.
Sy indrukke bly hom by – en wanneer hy dekades later weer van El Negro lees, dié keer in ’n Franse koerant, is dit die begin van ’n ondersoeksreis wat belangrike vrae oor rasopvattings en die Westerse beskawing na vore bring.
Wie was hierdie naamlose man? Wat sê sy opgestopte “museumteenwoordigheid” oor Europese denke oor slawerny, rassisme en kolonialisme – en bied hy slegs ’n spieël op ’n vergange tyd, of ook op die hede?
El Negro en ek / Frank Westerman; vertaal deur Daniel Hugo — Protea Boekhuis, 24 November 2017; sagteband. — ISBN 9781485307532
Bettie Blom,
17 Desember 2017.