Roekeloos
Feitepedie vertel jou alles oor die hoogste, die laagste, die oudste, die grootste, die rykste, die langste, die helderste, die eerste, die hardste, die gereeldste, die suksesvolste, die gewildste en die duurste van so te sê enigiets onder die son.
Waarom is Pluto nie meer ‘n planeet nie?
Wat is die giftigste slang in Suid-Afrika?
Watter land is die gelukkigste ter wêreld?
Watter boek is die grootste treffer van alle tye?
Wie het die meeste doele in ‘n FIFA-Wêreldbekertoernooi aangeteken?
Feitepedie is ‘n boek met lyste oor Suid-Afrika en die wêreld. Dit is propvol fassinerende feite oor die heelal; die aarde; plante; diere; die liggaam en gesondheid; voedsel en drank; politiek; wet en orde; besigheid en rykdom; tegnologie en die internet; letterkunde; kuns en kultuur; vermaak; en sport.
Vind uit oor die nuwe dwergplanete; die jongste – en oudste – lande ter wêreld; die grootste Suid-Afrikaanse en internasionale geldmakerprente; die rykste mense in Suid-Afrika en die wêreld; die hoogste pryse wat vir Suid-Afrikaanse kuns betaal is; en nog baie meer.

Skrywer: Helen Lewis
ISBN: 9781770221291
Prys: ongeveer R 190.00
Formaat: Sagteband, 160pp
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)
