Die Duitse skrywer Günter Grass is vanoggend oorlede in die ouderdom van 87 jaar.
Grass het die Nobel-prys vir Literatuur ontvang vir sy roman Die Blechtrommel (The Tin Drum) van 1959. Hy het ook die belangrike Georg-Büchner-prys ontvang in 1993 vir sy bydrae tot die Duitse taal.
