Hanlie Retief, een van die bekendste Afrikaanse joernaliste, vertel die openhartige verhale van mense wat ongekende trauma beleef en tog ook oorkom het. In Anderkant uit: Stories oor trauma en hoop kom beroemdes sowel as gewone mense aan die woord. Hanlie skryf oor wat sy in dié mense se oë sien en oor Suid-Afrikaners se uitsonderlike vermoë om trauma te oorkom.