Voornemende studente wat leiding benodig om toegang tot die regering Post-School Education and Training (PSET)-stelsel te verkry, word aangemoedig om van die regering se Central Application Service (CAS) gebruik te maak.
Die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding het voorheen die Central Applications Clearing House (CACH) as ‘n korttermyn oplossing bekendgestel om beskikbare plekke vir ongeplaaste aansoekers te vind. Vanaf die akademiese jaar 2026 sal CACH egter gestaak word as deel van breër hervormings aan die PSET-aansoekproses, terwyl CAS uitgerol word.
CAS is ‘n loodsprojek wat deur Departement van Hoër Onderwys en Opleiding geïmplementeer word om die volgende dienste te verskaf vir aspirant-leerders wat voorgraadse studies aan enige PSET-instelling in Suid-Afrika wil onderneem.
Die dienste sluit in:
Loopbaaninligting.
Verwysing na Loopbaanleiding en Berading.
Gesentraliseerde Aansoekdiens.
