Frieda van den Heever is terug met nuwe songs wat vir die eerste keer by Die Boer gehoor kan word na haar vertoning Spoorsny in 2025 gehore diep geraak en verskeie kere laat terugkeer het. Terwyl ons al verder van mekaar af leef – met dieselfde ZIP code – kan jy uitsien na ‘n intieme aand van woorde en musiek wat wil vlam vat én vrede maak, vashou én oorgee, wat ons saamleef vier. Frieda verweef stories, gedigte en ‘n paar geliefde covers met haar eie liedjies en word vergesel deur die wonderlike pianis en sanger, Grethe van der Merwe.
O ja … jou teenwoordigheid is deurslaggewend.
By Die Boer teater restaurant in Durbanville op 12 Maart om 20:30
Kaartjies kos R250 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

