Roekeloos
Ikone, skurke en scoops, die beste fotostories 1970-2010.
Rapport, die grootste Afrikaanse koerant, is 40 jaar oud. Dié boek bevat al die helde en kroeks van die afgelope vier dekades en neem jou op ’n lekker-lees, nostalgiese reis.
Met onder andere:
• Rugbyheld Frik du Preez
• skoonheidskoningin Anneline Kriel
• bokser Gerrie Coetzee
• Kubus-man Adriaan Nieuwoudt
• bankrower André Stander
• hartchirurg Chris Barnard
• musiekman Taliep Petersen
• Laingsburg-vloed
• die Inligtingskandaal
• Helderberg-vliegtuigramp
• die Kerkstraat-bom
• Joost van der Westhuizen se seksvideo
• Advokaat Barbie.
Die beste foto’s uit Rapport is gekies – die mees dramatiese, die skokkendste en hartverskeurendste – maar ook baie skreeusnaakses. Hier is die bekendste en bekroonde foto’s almal bymekaar.
Uitgebreide onderskrifte vertel die stories agter die foto’s en aangrypende vertellings deur die fotograwe bied ’n blik op wat agter die skerms gebeur het.
Skrywer: Herman Jansen
ISBN: 9780624048282
Prys: ongeveer R 250.00
Formaat: Sagteband, 240pp

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)